Poem by Mr Kajani-Westville Secondary
met hout en werk
in die verlede
het hy ń plan
en goeie rede
met beitel skerp
en potloodpunt lank
ń meubelstuk
op die draaibank
sorgvuldig gemaak
terwyl leerders kyk
hoe hierdie houtwerk
later gaan lyk
ń skepping
uit die boonste rakke
houtwerk
ń gunsteling onder baie vakke
het mr. kajani
leerders onderrig
en ń liefde
vir hierdie vak gestig
baie kan vandag
daarvan getuig
want sy leiding
het baie laat styg
tot hoër hoogtes
later in die lewe
want kwaliteit onderwys
het hy altyd na gestrewe